Die beste 60 jaar
Moord was al 'n opsie maar nooit skei nie, sê egpaart wat al 60 jaar getroud is.
Die Benecke-egpaart van Noordheuwel vier hierdie maand hulle 60ste huweliksherdenking.
Peet, wie amper 80 jaar oud is, en sy liefling Kitty, 78, wat in 1955 die huiweliksbande geknoop het, beskryf hulle groot dag as eenvoudig en sê na 60 jaar sal hulle mekaar vir niks verruil.
Die News het aan Kitty gevra wat hulle wen resep is vir ‘n suksesvolle huwelik waarop sy geantwoord het; “Moord was al ‘n opsie maar skei … nog nooit”.
Die oulike paartjie meen dat om in te gee vir mekaar hulle geheim is, en dat dit belangrik is om mekaar in ag te neem.
“Sê jou sê, praat dinge uit. En moet nie besluite sonder mekaar neem nie,” sê Peet terwyl hy Kitty se hand styf vashou.
Hulle noem verder dat egpare moet leer om hulle knieë vir mekaar te buig en altyd bedagsaam teenoor mekaar op te tree.
In die 60 jaar van getroude lewe het die paartjie drie kinders en nege kleinkinders ryker geword.
Die enigste spyt wat die paartjie het is dat die mense wat in hulle getwyfel het nie hier is vandag om te sien hoe hulle 60 jaar van liefde vier nie.
“Ek onthou hoe iemand vir my gesê het dat ons nie ses maande sou uithou nie, en hier is ons 60 jaar later,” spot Kitty.
Sy sê dat hulle nie sonder mekaar sou kon bestaan nie en sien uit na nog vele jare saam.
“Daar is nie eendag in hierdie laaste 60 jaar wat Peet nie vir my gesê het dat hy lief is vir my nie, hy sê dit elke dag.”
Kitty vertel dat alhoewel hulle soms van menings verskil en kwaai raak vir mekaar, wen sy altyd.
Die News wens die Beneckes geluk en voorspoed vir die jare wat nog kom.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
