Local newsNewsUpdate

Hoërskool se toilet-sage duur voort

Ouers is steeds bitter ongelukkig oor die toestand van die skool se kleedkamers.

Ouers van Hoërskool Bastion-leerlinge sê dat hulle kinders steeds moet knyp terwyl die skool se toilette nog steeds in walglike toestande is terwyl die opgradering daarvan stadig plaasvind.

Sedert die aanvanklike artikel op die News se webtuiste op 4 Maart verskyn het, het nog ‘n handjie vol ouers na vore gekom oor die toestande van die kleedkamers en hulle bekommernisse oor hulle kinders se gesondheid teenoor die News uitgespreek.

Die skool se mediaskakel, Melitta Geyser, het in Maart gesê dat siende die skoolgebou aan die staat behoort, is die staat verantwoordelik vir die opgradering van sekere fasiliteite.

“Hulle het aan die einde van verlede jaar begin om ons kleedkamers op te gradeer maar is nog nie klaar nie. Ongelukkig het die kontrakteurs wat die werk moes doen, halfpad deur die projek gedros. Daar is gevolglik ‘n oponthoud totdat nuwe kontrakteurs aangewys word.”

Leerlinge wil na bewering ook nie meer die kleedkamers gebruik nie want rokers het dit in ‘n asbakkie omskep.

‘n Baie bekommerde ma, wat anoniem wil bly, het vertel dat sy elke dag vir haar seun ‘n pakkie sneesdoekies gee om skool toe te vat aangesien daar nooit toiletpapier beskikbaar is nie.

“Die skool het glo vir die kinders gevra om nie die toilet na hulle geürineer het, te trek nie. Maar as hulle wel genommer twee het, kan hulle die toilet trek,” het die ma baie geskok gesê.

“Wat is hulle besig om te doen daar? As my kind siek word gaan ek beslis hulle verantwoordelik hou.”

Die News het ‘n besoek by die skool gaan aflê om te kyk hoe dit met die vordering van die opgraderings gaan, wat uit die skool se eie sakke betaal word.

In die konferensiekamer by die skool het Geyser, onderwysers en lede van die beheerliggaam die proses en struikelblokke aan die News verduidelik.

Omdat die skool vir die opgradering uit hulle eie ‘vlak’ sakke moet betaal fokus hulle vir eers om die kleedkamers op ‘n aanvaarbare vlak te kry deur om al die gebreekte wasbakke en toilet sitplekke te vervang en nuwe deure by die toilette op te sit.

Die beheerliggaam het bevestig dat hulle alreeds een dogters- en een seunskleedkamer opgegradeer het en is tans besig met die tweede stel kleedkamers en beoog om teen einde Mei klaar te wees met die derde stel badkamers.

Verder meen die beheerliggaamlede dat netheid hulle prioriteit is en dat hulle skoonmakers aangestel het wat die kleedkamers vier maal ‘n dag (voorskool, eerste- en tweedepouse en naskool) skoonmaak.

Onderwysers en die leerlingraad is ook intussen aangestel om die badkamers te patrolleer en monitor om te verhoed dat daar in die kleedkamers gerook word en glo dat dit reeds afgeneem het.

Die skool meen dat die vorderinge in hulle weeklikse nuusbrief aan ouers oorgedra word en vra dat hulle geduldig sal wees tydens die opgraderings.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button