‘n Krugersdorp inwoner is tot trane verminder nadat sy Dinsdagmiddag, 12 Mei, in spitsverkeer oppad huistoe deur ‘n padvark geintimideer is.
Elsabe Steyn was oppad huistoe toe sy deur ‘n vreemde man verbaal aangeval is op Christaan de Wetweg.
Sy vertel aan die News dat soos almal het sy geduldig in die verkeer gesit toe die vreemde man eweskielik op haar begin skree het. Uit verveeldheid het Steyn na haar naels gekyk, wat nuut opgedoen is, terwyl sy gesit en wag het vir die verkeer om te beweeg toe die man vir haar geskree het.
“Ek het so groot geskrik dat ek uit my kar uit gespring het, omdat ek gedog het dat daar iets fout was,” vertel ‘n emosionele Steyn.
“Klim van jou f@##&* foon af jou vet b@#$%^,” het hy aan haar geskree, toe hy op haar afstorm.
Steyn het toe vir die man gesê dat hy geen maniere het nie en toe terug in haar kar geklim.
“Ek was so bang, ek het gedink hy sou my te lyf gaan.”
Toe die verkeerslig groen slaan het sy gery en haar man dadelik gebel om hom te vertel van die insident. Haar man het haar aanbeveel om foto’s van die padvark te neem.
“Jy kan jou f@$$#n foto’s neem,” het die padvark se metgesel aan Steyn geskree.
Steyn het die padvark en sy metgesel gevolg tot verder op Ontdekkersweg en ‘n foto geneem toe sy uiteindelik langs hulle gestop het by ‘n verkeerslig.
Die mondelingse aanvalle het toe weer aangegaan.
“Jy is ‘n k@$$#$, jy ry soos ‘n k@$$#$ en mens kan sien jy kom van ‘n k@$$#$ land af.”
Op hierdie stadium het die padvark se metgesel hardop gelag oor die stelling en hom geluk gewens.
Steyn voel dat die padvark haar nie alleenlik geintimitdeer het nie maar in haar karakter ingeklim het en haar laat vrees vir haar lewe.
Sy wil graag die gemeenskap waarsku teen die padvark, wat skynbaar vroue wat alleen in die kar ry aanval en intimideer.
Steyn het bevestig dat nadat sy haar storie op Facebook geplaas het, ‘n ander slagoffer na vore gekom het wat deur die selfde man beledig was.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
