Local newsNewsSchools

[VIDEO] Kristin slaan goud los met sy dromme

Hierdie 14-jarige speel dromme dat die biessies bewe.

Kristin Yeates, ‘n leerling van Hoërskool Monument eet, slaap en leef vir sy dromme.

Die 14-jarige Kristin spog met ‘n goue medalje wat hy in April by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe vir Uitvoerende Kunste verwerf het. Die talentvolle drom speler het ‘n goue medalje, wat ‘n persentasie van 95 persent en hoër is, in die open afdeling behaal waar hy enige lied van sy keuse kon speel.

Kristin se goue toekenning het hom ook laat kwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse span wat later vanjaar aan die internationale uitdunne van die kompetisie sal deelneem in Los Angeles.

Maar daar stop dit nie, hierdie musiek slaaf doen ook tans sy musiek teorie deur Unisa by Monnas se musiekskool sowel as sy ‘rockschool’ eksamen wat musieksoorte soos raggae, rock, jazz en die blues insluit.

“My passie is musiek, maar dromme is my gunsteling,” vertel hy die News.

Hy speel die dromme vandat hy ses jaar oud is en sy ouers vertel dat hulle al op ‘n jong ouderdom sy talent vir musiek opgemerk het.

“Hy is al van kleins af ingestel op musiek, veral op dromme,” sê sy ma Debbie trots.

Sy gunstelinge rock-groepe op die oomblik is Nickelback, Greenday en ‘n versameling van die Christelike rock-groep Jack Hamilton.

“Ek kan nie al die glorie neem nie, danksy my musiek instrukteur Gerhard Botha kon ek my bes lewer in die Gauteng en SA uitdunne,” sê Kristin nederig.

Behalwe dromme, het Kristin onlangs met klavierlesse begin en homself die kitaar leer speel.

Sy grootse geheim en motivering is ‘n gesegde wat sy ma hom geleer het vandat hy klein is, “Doen jy net jou bes, en God doen die res”.

Dit wil voorkom of hierdie jong musikant se loopbaan op ‘n goeie noot afskop.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button