Local newsNews

‘n Potjie gholf saam Neels

Gholfdag met bekende akteur 'n wenresep vir organisasie.

Gholfballe het die lug in gevaar tydens ‘n spesiale fondsinsamelingsdag by die Krugersdorp Gholfklub.

Met agt borge en 132 spelers het die stokke geswaai ten bate van minderbevoorregte kinders in Randfontein.

Die pratige groen gholfbane was die perfekte omgewing vir die fondsinsamelingstoernooi wat deur die Open Door Foundation aangebied is. Open Door is ‘n nie-winsgewende organisasie wat daarop fokus om vennootskappe tussen geloofgemeenskappe en sakelui te skep vir die welsyn van minderbevoorregte kinders in die gemeenskap.

Hulle skep ‘n betroubare platform vir gemeenskaps-betrokkenheid vir sakelui wat jaarliks sertifikate uitreik wat besighede in staat stel om aan swart ekonomiese bemagtigende vereistes te voldoen.

“Afgesien van die belangrike fokus van die dag, is daar op en vanaf die baan heelik gekuier en nuwe vernootskappe gevorm. Die weer het goed saam gespeel en groot pryse was aan gholfers in verskillende kategorieë oorhandig vir hulle goeie spel,” sê dr Gert Cordier, een van die direkteure van die organisasie.

Die dag was ook nie kompleet sonder ‘n spesiale eregas, naamlik die TV- en rolprentster Neels van Jaarsveld, nie.

Met ‘n totale insameling van R135 000 en ‘n heerlike ete om die dag mee af te sluit, kan mens dit nie anders as ‘n suksesvolle dag beskryf nie.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button