NewsSchools

Nories spog met PUK-sportuitslae

Die sportsoorte wat veral goed gedoen het was netbal, hokkie en rugby.

Hoërskool Noordheuwel het rede om te spog nadat hulle goeie uitslae in die onlangse PUK Prestige Sportreeks behaal het.

Die sportsoorte wat veral goed gedoen het was netbal, hokkie en rugby.

Karlien Steyn, bemarking en skakeling het gesê die netbal het algeheel tweede geëindig, die hokkie het ‘n vyfde plek behaal en die rugby het die reeks gewen.

“Noordheuwel het ook baie goed gedoen in die kleiner sport afdelings waar die skaak en senior landloop atlete gewen het.”

• Verwante artikel: Monnas rugby sorg vir nog ‘n Tuks Skole oorwinning

Die rugby seuns is ook reeds hard aan die werk vir die Beeld Trofee vir makro skole en het reeds welslae behaal toe die onder 14 en 15 spanne vir Vereeniging Gimnasium onderskeidelik met 47 teenooor 7 en 57 teenoor 0 in die eerste rondte geklop het.

Die volgende sportspanne het die PUK Prestige Sportreeks gewen:

• Hokkie eerste span seuns en dogters.

• Netbal onder 14 B en onder 16 B-spanne.

• Rugby onder 15 A, onder 15 B en vierdespan.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button