Gemeenskapslid se waarneming lei tot arrestasie
Verdagte goedere wat in vullis dromme opgemerk is stuur die plaaslike GPF in die regte rigting wat lei na 'n verdagte se arrestasie.
Die goeie waarneming van ‘n lid van die gemeenskap het gelei tot die in hegtenisname van ‘n verdagte.
Vroeg gisteroggend, 20 Mei, het ‘n vrou die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) laat weet dat daar drie vullis dromme met vreemde items binne-in op die hoek van Wagen- en Commissionerstraat staan.
Die GPF lede het na die adres gegaan waar hulle gereedskap soos batterye, ‘n batterylaaier, sweismasjien, domkrag, boor, ‘n voertuig se sleutels, gasbottel en verskeie ander waardevolle goedere ondek het.
Daar word vermoed dat die goerdere by ‘n besigheid in Luipaardstraat die vorige aand gesteel is en die verdagtes moontlik geonderbreuk was en die goedere in die dromme gestort het.
‘n Ander ooggetuie en die GPF het een van die verdagtes omstreeks 7vm gisteroggend op heter daad betrap toe hy met nog gesteelde goedere by ‘n sloot oorkant ‘n plaaslike kroeg probeer uitsluip het.
GPF lede het daarin geslaag om die 32-jarige verdagte te arresteer en hom later aan die polisie te oorhandig.

Polisie het bevestig dat ‘n aantal van R80 000 se goedere by SAS Metal Fabrication gesteel was.
“Ons prys die lid van die gemeenskap wat die inligting aan ons oorgedra het wat gelei het tot die arrestasie sowel as die lede van die polisie, Konstabel Ngobeni en Konstabel Segole vir ‘n taak wel gedaan,” sê Konstable Lucky Matome, woordvoerder van die Tarlton polisie.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
