Alden maak skoonskip by pluimvee kampioenskappe
'n 16-jarige Krugersdorper en sy hoenderhaan is 'n wen kombinasie.
Alden Herselman, ‘n 16-jarige Krugersdorper en sy hoenderhaan het talle pryse by die Royal Pluimveekampioenskap in Reddersburg gewen.
Alden, ‘n lid van die Vrystaat Pluimveeklub, se pryse sluit in die Hamermeuleprys as die algehele wenner tydens die skou, die beker vir die beste kleur tydens die skou, beste sagteveer (jong haan) en ‘n houttrofee vir die beste jeugvertoner van die jaar.
Hy ontvang ook sertifikate van sy klub omdat hy hulle interne beoordelaarseksamen oop groot sagteveerhoenders geslaag het en vir die reserwe kampioen hoender.
Wel gedaan Alden!
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
