Local newsNews

[FOTO’s] Swemskool bevorder waterveiligheid

Baie kinders beland in die winter in die water en as hulle geleer word hoe om daardie situasies te hanteer sal dit tragedies en hartseer voorkom.

Die Dolphin Swemskool in Kenmare het onlangs hul jaarlikse swemveiligheidsweek gehou vir kinders van drie jaar en ouer.

Hierdie veiligheidsweek het veral die fokus geplaas op water- en lewensreddingsvaardighede soos om kinders te leer om op die water te dryf, voorwerpe te gebruik om bo die water te bly en om ander wat in die water geval het met voorwerpe uit die water te trek eerder as om self in te spring.

Lorettha Wilken, swemskooleienaar, het gesê baie kinders beland ook in die winter in die water en as hulle geleer word hoe om daardie situasies te hanteer sal dit tragedies en hartseer voorkom.

“Dit gebeur dat kinders in die water beland, al was dit nie beplan nie, want ongelukke gebeur,” het sy gesê.

“Die klere wat so ‘n kind aanhet, word swaarder soos dit water absorbeer.”

Daarom word die kinders met hulle gewone klere aan waterveiligheid geleer sodat hulle kan voel hoe swaar die klere word. Hulle leer hoe om van hulle klere ontslae te raak terwyl hulle in die water is.

Die ander fout wat kinders en selfs volwassenes maak is om agter die persoon in nood in die water aan te spring.

“‘n Mens raak paniekerig en doen dinge sonder om behoorlik te dink. Daarom leer ons die kinders dat hulle iemand kan help sonder om self in die water te spring, soos om ‘n voorwerp, of selfs ‘n kledingstuk vir hom of haar uit te hou.”

Nadat hulle gedurende die veiligheidsweek geassesseer is volgens ‘n vlakstelsel wat die swemskool self bepaal, kry die leerlinge sertifikate.

“Dit word gedoen om die kinders te motiveer om te verbeter,” het Lorettha gesê.

Navorsing deur die Wêreld Gesondheidsorganisasie (WGO) het getoon dat verdrinking onder kinders, veral dié onder vyf, binne 20 meter van ‘n woning kan gebeur waar daar ‘n swembad, waterpoele, slote en waterhouers is.

Slegs ‘n paar druppels wat verkeerdelik in die lugweg beland kan verdrinking veroorsaak.

Verwante artikels:

Peuter vorder na amperse verdrinking

Help bekamp verdrinking met swemlesse

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button