Boksers oppad na Elite-kampioenskappe
Vier boksers van die Krugersdorp-Wes Boksklub is opgewonde om binnekort in die kryt te wees.
Om in die kryt te wees is vir vier boksers van die Krugersdorp-Wes Boksklub terapeuties.
Hierdie boksers, Quintis Reekie, Charlene Engelbrecht, Richard da Silva en Mighty Moilwa gaan aan die begin van volgende maand aan die Elite Kampioenskappe in Pretoria deelneem.
LEES HIERDIE: Dié leeu gaan lê nie in die kryt nie
Afrigter Frikkie Gouws gaan die boksers vergesel en het gesê hulle is baie opgewonde omdat dit die eerste keer in die klub se geskiedenis is dat daar ook ‘n meisie deelnemer saamgaan.
“Ons sien regtig uit daarna om goeie prestasies te behaal en weet dat ons boksers nie ‘n bang haar op hulle kop gaan hê nie.”
Deelnemers teen wie hulle te staan kan kom kan tussen 18 en 39 jaar oud wees.
LEES OOK: Laaste vuishou vir die jaar
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
