CrimeLocal newsNewsSchools

Ma se brief aan dwelm wat haar kind beheer

'n Ma van 'n 16-jarige kind skryf 'n hartverskeurende brief aan die dwelm wat haar kind se lewe oorgeneem het.

Dagga rokers in die dorp stem meestal saam dat die plantjie nie só sleg is soos die ander doodelike dwelms wat op elke hoek en draai van die dorp beskikbaar is nie.

Maar ‘n ma, wat net as Mevrou X bekend wil staan, sal met jou stry. Sy het ‘n openhartige brief vir die News gestuur waarin sy haar hartseer stryd met haar dwelmverslaafde 16-jarige kind, verduidelik.

In die woede brief stel sy haarself aan die dwelm voor as ‘n ma van ‘n kind verslaaf aan die ‘papagaai-slaai’, soos dit soms genoem word.

“Ek het uit desperaatheid besluit om direk met jou te praat, en by jou te smeek om asseblief my kind uit te los. Ek het al met hom gepraat, maar hy luister nie, hy wil jou nie uitlos nie. Ek het gedink aangesien hy nie wil luister nie, en tenspyte van alles gaan hy weer en weer terug na jou toe, dalk sal ek by jou bietjie begrip kry, selfs tot jou deurdring om my kind uit te los,” lees die ernstige woorde in die brief.

Verder in die brief verduidelik sy dat ten spyte van die feit dat sy ‘n enkelouer is en dat sy tweekeer so hard moes werk om die ‘pot aan die kook te hou’, het sy haar kind met alles ondersteun.

“Ek het kleuterskool konserte bywoon, bulletjie rugby wedstryde, revue – noem dit op, ek was daar. Ek wou nie hê hy moes ‘n leemte voel omdat sy pappa 15 jaar gelede weg is nie.”

In die brief skryf sy hoe sy daar was vir al die hoogte en laagte punte van haar seun se lewe.

“Én toe kom jy. Jy bring ‘n alleen seer, ‘n bang seer, ‘n seer wat saam met jou asemhaal, ‘n seer wat saam met jou aan die slaap raak, maar voor jou wakker is.”

Sy onthou die eerste keer toe haar seun positief getoets is vir die dwelm.

“Ek moes sit in die spreekkamer en luister hoe die dokter mooi met hom praat, die gevare verduidelik – trane het van my wange gestroom. Duisende vrae – hoekom, waar, wanneer, hoe lank, wat nou? Vrae wat ek hom wou vra, want skielik het ek nie soos sy ma gevoel nie, maar soos ‘n klein dogtertjie wat net versekering by ‘n grootmens wou hê.”

Verder beskryf die emosionele brief hoe sy hulpeloos staan op die kantlyn en kyk hoe die dwelm haar eens pragseun in ‘n leunaar omskep het en hom na donker dieptes lei.

“Dagga, hy is my kind, my bloed vloei deur sy are. Gee hom terug vir my, gee hom terug vir almal wat hom so opreg liefhet. Hy staan op die drumpel van manwees, hoekom wil jy sy generasie uitroei? Dagga, ek soek my kind terug,” eindig die brief.

Is jy ‘n dwelmverslaafde of is een van jou familielede daarin gewikkel? Sluit vandag aan by die Dynamix dwelm en drank ondersteuningsgroep in samewerking met New Seasons Ministries en The Bethany House Trust. Elke Saterdagmiddag vat talle gemeenskapslede hande om die oorlog teen dwelmmishandeling te beveg. Vir meer inligting skakel Pi Pretorius by 084 744 2263.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button