Waarom het die regering die spesialiseenhede van die SA Polisie ontbind?
Raadslid Jakkie Naudé van Wyk 20, wat vir 20 jaar self ’n polisieman was, is bekommerd omdat veral die polisie se dwelmeenheid ontbind is. Hierdie eenheid het dwelms baie goed bekamp.
“Nadat hierdie regering 21 jaar aan bewind is, is ons mooi land een van die groot dwelmafsetgebiede van die werêld,” het Naudé gesê.
Sivewrightstraat is bekend vir sy dwelmverkope en slawerny wat openlik bedryf word.
“Die dwelmsmouse is besig om ons dogters en moeders as slawe te gebruik deur hulle afhanklik te maak van dwelms en dan te misbruik as prostitute.
“Die huidige polisie doen ondersoeke maar word dan gestuit as hulle die groot dwelmbase wil arresteer. Indien arrestasies wel uitgevoer word, word min gedoen om borg teen te staan of aan te dring op deportasie. Baie goeie polisiemanne en -vroue is raadop.”
Naudé, en baie ander mense, wonder hoekom daar nie teen dwelmsmouse opgetree word nie – is dit dalk omdat te veel polisie en ander staatsamptenare deur dwelmsmouse omgekoop word om met hulle onwettige praktyke te kan voortgaan?
Naudé versoek dat die dwelmeenheid so gou as moontlik teruggebring word.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
