NewsSchools

Curro netbalspelers haal skool se geskiedenisboeke

Die afrigter het gesê die span toon baie potensiaal en moet beslis dopgehou word.

Die onder 11 A-netbalspan van Curro Krugersdorp het geskiedenis gemaak tydens die afgelope netbalseisoen.

Lizarn Smith, skoolwoordvoerder het gesê nie net het die span al hulle ligawedstryde gewen nie, hulle het ook as wenners in die uitspeelwedstryde getree.

Dit maak hulle die onder 11 D2 Poel B-ligawenners.

“Hulle is die eerste netbalspan van Curro Krugersdorp wat so goed presteer in dié skool se driejarige bestaan,” het Lizarn gesê.

Afrigter Sonja Kruger het gesê die span toon baie potensiaal en moet beslis dopgehou word.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button