CrimeMunicipalNews

Hof-versuiming kan sak nog meer ruk

Die publiek se houding het die hof genoodsaak om dié prysstyging vanaf 1 Mei te maak.

R300.

Dit is die bedrag wat verkeersoortreders vanaf 1 Mei sal moet opdok wanneer daar versuim word om in die hof te verskyn as deel van ‘n nuwe wysigingswet in die wetgewing.

Johan Engelbrecht, die landdros in die Krugersdorpse M-hof – ‘n sy-tak vir die Krugersdorpse Landdroshof – het gesê die publiek se houding het die hof genoodsaak om die bedrag op te stoot.

Hy het verduidelik dat hy op ‘n keer 273 sake op die hofrol gehad het, maar dat net een oortreder die betrokke hofdatum bygewoon het.

Dit het daartoe bygedra dat hy ‘n inhegtenisnemings lasbrief vir die ander 272 oortreders moes uitstuur wat die oorspronklike dagvaarding minag het.

“Baie geld word reeds in die hof belê en dan om nog lasbriewe uit te stuur is nog ‘n groter uitgawe vir die munisipaliteit,” het Engelbrecht gesê.

“Dit is daarom vir my ‘n baie groot bekommernis om te sien dat die publiek dagvaardings asook lasbriewe nie ernstig opneem nie. Mense verstaan nie watter nadelige effek dit op hulle kan hê wanneer daar dan verdere stappe geneem moet word, soos inhegtenisnemings teen hulle nie.”

Ten spyte van wetsoordreders wat nie die hof se taak as belangrik beskou nie word daar steeds baie boetes betaal het Engelbrecht gesê.

Verwante artikel:

Ses maak jou die (jaag)duiwel in

“Ek sien elke boete asook wanneer dit betaal is, persoonlik.”

Hy het verder gesê die hof, by die verkeersafdeling op die hoek van Fontein- en Vierdestraat, is anders as die Krugersdorp Landdroshof ‘n straat verder op.

“Hier werk dit so: ons help die publiek op die basis van wanneer jy opdaag. Ek kan ook sien wie buite die hof wag en as dit so gebeur dat ‘n bejaarde vrou, man of gestremde buite wag, sal ek die proses aanhelp om hulle eerste te help,” het Engelbrecht gesê.

Ook die feit dat almal vir min of meer dieselfde oortredings by die hof is, maak dit anders as ander howe.

 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button