CrimeNews

Moontlike huisinbreker buite Pretoria gearresteer

Die verdagte word verdink dat hy 'n huis in Featherbrooke Estate verlede jaar beroof het.

‘n 32-jarige man is oor die naweek in Hammanskraal, net buite Pretoria, inhegtenis geneem vir ‘n huisinbraak wat verlede jaar April in Muldersdrift plaasgevind het.

Adjudant-offisier Hitler Ngwenya, ‘n polisiewoordvoerder het gesê polisie beamptes van die Muldersdrift Polisie se speurtak het dag en nag gewerk om die verdagte vas te trek.

Dié man word verdink van ‘n rooftog by die Featherbrooke Estate en deur inligting wat die polisie ontvang het kon ‘n verdagte vir die saak aangekeer word, het Ngwenya gesê.

“Polisie het beslag gelê op goedere wat moontlik items is wat tydens die huisinbraak gesteel is.”

‘n Saak van huisinbraak en die moontlike besit wees van gesteelde goedere is teen die beskuldigde oopgemaak.

Hy sal na verwagting hierdie week in die Krugersdorp Landdroshof verskyn.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button