Die hoofleiers van Hoërskool Noordheuwel is verlede Vrydag op ‘n spesiale manier verras.
Werner Tolmay en Judy Millet was eerste in die ry van 20 hoofseuns en -dogters van hoërskole regoor Gauteng wat met ‘n spesiale Stiki-uitnodiging na die rolprent Hollywood in my Huis se premiere by Killarney Mall op 22 Junie uitgenooi is.
Dié fliek, wat vanaf 26 Junie in fliek teaters landwyd sal draai se skrywer en regisseur Corné van Rooyen se inspirasie kom van die wêreldbekende Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron.
Alishia van Deventer van Starbust Promotions het gesê omdat hy deur haar geïnspireer is, het hy hierdie fliek geskryf wat nou uiteindelik na nege jaar vrygestel is.
“Daarom is bekendes vanuit ons eie bedryf, wat ook inspireer, genader om die leiers se uitnodgings persoonlik te gaan aflewer.”
Vaughan Gardiner, bekende liedjieskrywer en sanger wie se jongste album Sit vanaand op herhaal ook nou landswyd vrystel is, het persoonlik die hoofleiers van Noordheuwel besoek.
“Groot was die verrassing toe Vaughan Gardiner persoonlik by die skool se saalopening instap met ‘n magdom balonne vasgemaak aan die pakkies waarin die uitnodigings was,” het Alishia gesê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
