EntertainmentLifestyleNewsSchool sportSchoolsSport

Anroux die jong jaagduiwel

Spoed is dié jong laaitie se droom.

Ontmoet Anroux Pienaar, Hoërskool Noordheuwel se eie motorwedrensensasie.

Hierdie 16-jarige seun se liefde vir ovaalwedrenne het ontwikkel toe hy as werktuigkundige vir ‘n familievriend se dogter, wat toe reeds aan die sport deelgeneem het, opgetree het.

Nie lank daarna nie het hy sy ouers gesmeek dat hy ook aan die adrenaliensport wou deelneem waar 18 tot 20 motors op ‘n ovaalbaan resies jaag.

Kinders van so jonk as agt jaar kan aan hierdie sport deelneem.

Anroux het aan die News verduidelik hoekom hy so gek is oor die sport. “Ek is mal oor die spoed, dit is elke laaitie se droom.”

Sy pa vertel dat die sport nie gevaarlik is nie, solank die kinders behoorlike beskerming dra tydens die wedrenne.

Verder sê Anroux dit kos ongeveer R35 000 om met die sport te begin, omdat mens natuurlik ‘n voertuig nodig het.

‘n 1400 Nissan-bakkie is Anroux se geheime wapen waarmee hy op die bane jaag.

“Dit is baie lekker want jy mag ry so vinnig as wat jy wil,” spog hy.

Sy pa spot en sê hy weet nie of sy begroting hierdie nuwe stokperdjie gaan toelaat nie.

Die jong jaagduiwel meen egter die sport en stokperdjie is ‘n familiesport omdat die hele gesin betrokke raak by die opbou van die supervoertuie en dat ma en sussie ondersteuning van die kantlyn af gee.

Anroux beoog om ervaring op te doen in die sport en homself tot by die hoogste titel op te werk.

Soortgelyke artikels:

 A car collection to die for

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button