NewsSchool sportSchoolsSport
Bastion se seuns eerstehokkiespan speel gouemedalje los
Oud-leerling en -hoofseun van Hoërskool Bastion is verheug oor sy span se sukses.
Die seuns eerstehokkiespan van Hoërskool Bastion het einde verlede maand in die Aitken Toernooi, wat jaarliks gehou word, koning gekraai.
Hulle het in die C-afdeling teen spanne soos Kempton Park, St Martin’s, Linden, HeronBridge en St David’s te staan gekom. Hulle het St David’s in die eindstryd met 2-1 verslaan om die eerste plek in te palm.

Die span se afrigter, Divan Geyser, is verheug.
Hy het gesê hy droom reeds van die titel sedert hy self vir die span gespeel het. Hy is ‘n oud-leerling en -hoofseun van Hoërskool Bastion.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
