Millies kry Senings
Millies verwelkom nuwe lewe op die sportveld en in die kantoor.
Die beminde Senings Venter is terug in Krugersdorp, en Millies juig.
Senings het aan die begin van hierdie kwartaal as Departementshoof by Laerskool Millennium aangesluit.
Sy reputasie loop hom vooruit en hy was lank verbonde aan Laerskool Kenmare en later ook by Westgold Primary.
Senings sê hy geniet dit verskriklik om terug in Krugersdorp te wees en wil graag ‘n verskil in baie kinders se lewens maak.
Met ongeveer 10 jaar se ondervinding as ‘n rugbyafrigter kan hy as ‘n kenner van die spel beskou word.
Sy hoogtepunt was toe die Leeus in 2006 die Cravenweek in Oudtshoorn onder sy leiding gewen het.
“Ek is nog baie betrokke by die spel en tree tans as keurder by die Leeus-toernooi op. Ek het ‘n passie vir rugby en dit is vir my ‘n voorreg om as mentor vir die jong afrigters op te tree.”
Millies het ‘n dinamiese personeelkorps en dit is vir hulle ‘n voorreg om vir Senings by die Millennium-familie te verwelkom.
