Local newsMunicipalNews

Tehuis inwoners steeds afgeskeep en onveilig

"Die munisipaliteit wil nie daarvan weet nie," vertel 'n inwoner van die klagtes wat uit Pionier Tehuis kom.

Bejaardes van Pionier Tehuis voel afgeskeep deur die plaaslike raad oor die gebrek van munisipale dienste.

Die News publiseer al vir jare artikels oor die toestand van die tehuis waaroor die bejaarde inwoners ongelukkig is.

Die News het besluit om weer ondersoek te gaan instel na nog ‘n artikel in ‘n dagblad verskyn het.

In Wagenstraat, tussen die tronk en die begraafplaas, staan Pionier staatstehuis vir bejaardes.

Corrie Rankin staan voor die Pionier Tehuis waaroor daar al baie berug is.
Corrie Rankin staan voor die Pionier Tehuis waaroor daar al baie berug is.

Vir R399 per maand, per eenslaapkamer woonstel, bly Corrie en Jacobus Rankin al sewe jaar in Pionier Tehuis.

“Al wanneer die munisipalitiet uitkom, is wanneer die geyser bars of as daar iets fout is met die krag,” vertel Corrie.

“Dit is beter om nie te kla nie.”

Onder andere, vertel Corrie, is daar in verskeie woonstelle plafonne wat lek, gete wat bars, mure wat ongeverf bly en gate wat as gevolg van vorige herstelwerk nie weer toegemaak is nie. Pionier Tehuisinwoners se karre word ook gereeld gesteel.

“Die man wat op die hoek bly se kar is onlangs gesteel, helder oor dag,” het Corrie gesê.

Corrie is bekommerd oor haar en ander inwoners van die tehuis se veiligheid as gevolg van die lae mure wat die kompleks omhein.
Corrie is bekommerd oor haar en ander inwoners van die tehuis se veiligheid as gevolg van die lae mure wat die kompleks omhein.

Die inwoners van die woonstel het kuiergaste oorgehad, en met die karsleutel in die woonstel het twee mense die kar daar weggery.

“Die munisipaliteit se Korporatiewe Ondersteuning en Administrasie is nie bewus van enige motordiefstal in die aangewysde tyd nie,” sê Nkosana Zali, die munisipale woordvoerder.

72-jarige Maria Thomas vertel met haar R1 420 staatspensioen kan sy en haar man, 85-jarige Bill Thomas, nie bekostig om na ‘n woonstel toe te trek nie.

“Ons betaal die huur, ons eie elektrisiteit en gooi brandstof in ons motor.”

Maria en Bill het by die munisipaliteit gaan kla oor die slaapkamer se plafon wat lek wanneer dit reën.

Díe plafon lek gedurig wanneer dit reën.
Díe plafon lek gedurig wanneer dit reën.

“Hulle stel nie belang nie. Hulle doen nie,” het sy gesê.

Corrie en Jacobus is ook bekommerd oor hulle veiligheid in die tehuis.

“Die mure is skaars twee meter hoog en daar word gereeld deur die nag aan die tehuishekke gepeuter,” het Jacobus vertel.

Maar volgens Zali, patrolleer publieke veiligheid snags die area.

Hierdie gat is oopgelos nadat daar drie jaar gelede aan dit gewerk is.
Hierdie gat is oopgelos nadat daar drie jaar gelede aan dit gewerk is.

“Die munisipaliteit sal die nodige aksie neem met die beperkte hulpbronne wat dit het om die veiligheid van inwoners te verseker.”

Oor die allerdagse lewe by die tehuis, vertel Corrie dat boeke van die gemeenskaplike sitkamer elke Woensdag deur Krugersdorp se biblioteek vervang word, die nuwe matte in die saal hulle warm hou wanneer daar vergaderings is en dat twee munisipale werkers elke dag omsien na die gronde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button