Nic Diederichs personeel se begrafnis bevestig
"Dit is met swaar harte en groot hartseer dat ons afskeid van ons geliefde personeel moet neem" – Anton Strauss, HTS Nic Diederichs adjunkhoof.
“Dit is met swaar harte en groot hartseer dat ons afskeid van ons geliefde hoof Gunther Bühner en rekeningkunde onderwyser Jackie Alberts sowel as haar dogter Alandri moet neem.”
Só het Anton Strauss, adjunkhoof van die Hoër Tegniese Skool Nic Diederichs in ‘n persverklaring gesê.
Verwante artikel: Nic Diederichs principal dies in car crash

Die begrafnisreëlings vir beide die personeel sal volgende week onderskeidellik in Randfontein en Krugersdorp gehou word.
Bühner se begrafnisdiens word eerskomende Dinsdag by die Suiderlig NG-Kerk op die hoek van Gould- en Herbertstrate in Krugersdorp-Wes gehou.
Alberts en haar dogter Alandri sal eerskomende Woensdag vanuit die Randfontein Gholfklub in Homesteadlaan begrawe word.
Verwante artikel: Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk

“Dankie weereens vir almal se simpatie en ondersteuning gedurende hierdie moeilike tydperk. Al die bemoedigende woorde het ‘n helende effek op ons gewonde harte,” het Strauss gesê.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
