Local newsNews

Ouma- en oupagrootjie al 59 jaar saam

Met 26 nasate is díe paartjie omtrent omring deur familie op hulle oudag.

Krugersdorp het blykbaar heelwat bejaarde egpare wat al baie jare lank getroud is.

So ‘n paartjie het op 9 Junie hul 59ste huweliksherdenking saam met hul familie gevier.

Die 87-jarige Hennie Eloff en sy eggenote, die 82-jarige Phyllis is albei in Krugersdorp gebore. Hulle is ook in Krugersdorp getroud waar hulle hul vyf kinders grootgemaak het en steeds woon.

Hierdie paartjie spog vandag met 11 kleinkinders en 10 agterkleinkinders. Laasgenoemde is bevoorreg om nog hul ouma- en oupagrootjie te ken.

“Ons is darem maar lank opgeskeep met mekaar,” bieg Hennie.

“Ek voel nou nog vir Phyllis agter my rug wanneer ek in die bed lê.”

Drika Kruger, een van die goue paartjie se dogters, sien deesdae na haar ouers om in Krugersdorp-Wes.

“Dit is lieflik om jou ouers om jou te kan hê,” sê sy.

Toe Phyllis en Hennie gevra is hoe hulle dit regkry om so lank bymekaar te bly, vertel hulle die geheim is om altyd oop en eerlik met mekaar te wees.

“Die Here kry ook volle dank, Hy dra ons elke dag.”

Verwante artikels:

• Steeds gelukkig getroud na 60 jaar

• 50 jaar se glimlag

• Vyftig goue jare vir paartjie

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button