Krugersdorper nou ’n kleinskermster
Oud-Krugersdorper se bakkies op die grootskerms.
’n Voormalige Krugersdorp-inwoner, JC Snooke is nou ’n kleinskermster en het groot planne vir sy toekoms.
JC is bekend vir sy rol as een van die hoofrugbyspelers (Chris) in die gewilde televisiereeks Getroud Met Rugby (GMR) op kykNET. Hy het ’n tydjie afgeknip agter die skerms om met die News te gesels oor sy nederige begin in die bedryf.
Hy is in 1983 in die destydse Paardekraal Hospitaal (nou Dr Yusuf Dadoo Hospitaal) gebore en het aan Hoërskool Monument gematrikuleer.
Caxton Wes-Rand was byna vier jaar sy werkstuiste. Hy was selfs vir ’n tyd ’n verkoopsverteenwoordiger vir die Krugersdorp News.
In hierdie tydperk het hy sy hart na die dansvloer gevolg wat verskeie deure in die vermaaklikheidswêreld vir hom oopgemaak het. Sy danstalent het gesorg dat hy in sterre soos Nicholis Louw en Kurt Darren se musiekvideos was.
Sy eerste verskyning op die kleinskerm was as Jimmy in die reeks Villa Rosa.
Verder het hy rolle in toneelstukke soos Jesus die musiekblyspel, Tree aan en Ons vir jou by die staatsteater vertolk.
Van die teaterplanke na die grootskerm speel JC in films soos Treurgrond en die komende film Seun.
Hy sien verskriklik uit na die vrystelling van ‘n Kersfees-fliek Trou voete waarin hy die hoofrol vertolk.
“Ek sien ook uit na die opname van nog ’n film, Skoro-koro wat in Julie sal afskop,” terg die oud-Krugersdorper wat nie veel meer oor die film wou uitblaker nie.
Verwante artikels:
• Wil jy jou bakkies op Getroud Met Rugby sien?
• Sterre hang uit in Krugersdorp-kroeg
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
