[FOTO’s] Middernagtelike ‘fees’ vir kabeldiewe
Kabeldiewe is besig om veral kabels op die R28 stuk-vir-stuk te stroop.
Kabeldiewe is stuk-vir-stuk besig om kabels oornag in Krugersdorp te stroop.
Tjaart Steenkamp, DA-wyksraadslid het bevestig dat kabeldiewe bedrywig is nadat ‘n inwoner van Noordheuwel snuf in die neus gekry het oor straatligte wat snags nie skyn nie.
Casper Eksteen het gesê hy let reeds maande lank op dat die straatligte vanaf Soutpansbergstraat tot Sneeuwberglaan (wat met die R28 doodloop) buitewerking is.
Hy het onlangs begin opmerk dat nagenoeg 30 straatligte op die R28 ook nie meer werk nie.
“Dit is toe dat ek besluit het om ondersoek in te stel en het so op verskeie slote en gate afgekom wat opgegrawe is.”
‘n Duidelik ontstelde Eksteen het die News na verskeie van hierdie ‘vondse’ vergesel waar dit duidelik was dat dit moontlik die werk van kabeldiewe kan wees.
Kabels rondom die straatligte sowel as die lamppale is kaalgestroop.
“Dit is ‘n skande! Ek dink dit is onaanvaarbaar dat daar niks gedoen word om hierdie stop te sit nie,” het hy gesê.
“Ek meen hierdie is een van Krugersdorp se hoofpaaie en ook een van die ingange na ons dorp – wat moet besoekers van ons dorp dink?”
Eksteen het gesê hy is ook bekommerd oor motoriste en voetgangers wat van hierdie pad gebruik maak se veiligheid.
“Die diewe moet in die oggendure werksaam wees, want hoe anders verklaar ‘n mens dit dat niemand iets sien nie?”
Hy het ‘n epos aan Mogale City Plaaslike Munisipaliteit se elektriese departement gerig wat ontvangs van sy griewe ontvang het.
Verwante artikels:
• Cable theft suspect apprehended
• Copper thieves caught with R27 000 loot
• Lamppaal lê kwesbaar op grond
• Tenants in the dark about outstanding rates
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!








