Local newsMunicipalNews

Verblykte plakkate pronk nogsteeds

'n Politieke party adverteer onregverdig op straat na die tydperk daarvoor verstryk het.

Meer as ‘n jaar na die land moes stem in die nasionale verkiesing van 2014, is ‘n verbleikte plakkaat langs Albertina Sisulurylaan ‘n seer oog vir die gemeenskap en boonop onwettig.

Die munisipaliteit het ‘n verantwoordelikheid om alle reklameplakkate vir gebeurtenisse wat reeds plaasgevind het van munisipale grond te verwyder.

Hierdie twee ANC-plakkate pryk steeds hoog op ‘n lamppaal langs Albertina Sisulurylaan, skuins oorkant die Witpoortjie Treinstasie.

Die News het De Waal Venter, DA raadslid vir Wyk 9 genader vir inligting oor die verordeninge rakende die plakkate.

Venter was nie bewus van die plakkate wat nou onwettig vir die regerende party reklame maak nie.

De Waal Venter, DA Raadslid van Wyk 9 by die verbleikte reklameplakkaat.
De Waal Venter, DA Raadslid van Wyk 9 by die verbleikte reklameplakkaat.

Alhoewel dit nie ‘n ernstige oortreding is nie, is dit wel teen die wet en die party kan beboet word.

Venter verduidelik dat plakkate wat op lamppale geplaas word, ‘n stempel met ‘n verwyderingsdatum bevat, maar die son het dit reeds so op hierdie betrokke plakkate verbleik dat dit nie meer leesbaar is nie.

“Hierdie is onregverdige addisionele reklame vir die politiek party. Ek doen ‘n beroep op die ANC om wakker te skrik en al hulle plakkate, hierdie twee inkluis, te verwyder sodat die 2016-verkiesing op gelyke voet kan wegspring.”

Verder meen Venter die ANC-regering in Mogale City sal hul sokkies moet optrek anders sal die samesmelting van die Wes-Randse munisipaliteite volgens hom nie doeltreffend deur ‘n ANC beheerde munisipaliteit bestuur kan word nie.

Verwante artikels:

• Misdaad ‘n kishou toegedien

• Nuwe hof vir Mindalore en Lewisham

• Mindalore brei uit – publiek na vergadering genooi

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button