MunicipalNews

‘As die munisipale geboue sou brand’

Daar word voortdurend aan projekte beplan en dokumente geskryf word, maar niks kom tot uitvoering nie.

Dennis Pretorius, DA Koukusleier in die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit het eendag in die Raadsaal vir die burgemeester gevra, “As die geboue van die Distrikmunisipaliteit oornag sou afbrand – wie van die publiek sou dit agterkom?”.

Pretorius sê die burgemeester het geantwoord dat niemand dit waarskynlik sou agterkom nie omdat die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit (WRDM) nie eintlik enige diens aan die publiek lewer nie.

Baie mense werk daar maar daar word nie werklik waarde toegevoeg nie. Tot soveel as 62 persent uit ‘n begroting van ongeveer R300 miljoen per jaar word aan salarisse spandeer .

“Geen paaie word nie gebou nie, geen dienste word gelewer nie – net die brandweer en ambulansdienste. Die Gauteng provinsie het nou ook die ambulansdienste van die Wes-Rand Distriksmunisipaliteit weggeneem.

“Nou is daar selfs minder mense wat sal agterkom as die munisipaliteit nie meer bestaan nie.”

Pretorius maan dat daar voortdurend aan projekte beplan en dokumente geskryf word, maar niks kom tot uitvoering nie.

Verder noem hy dat die WRDM enkele jare gelede ‘n toeristekompleks op ‘n eiendom in Muldersdrift gebou het wat nie aan hulle behoort nie. Meer as R10 miljoen is aan die projek gespandeer sonder dat daar ‘n behoorlike ooreenkoms met die eienaar van die eiendom aangegaan is. Na jare se toutrek en tydmors staan die geboue nou leeg en vervalle, en die WRDM kan R10 miljoen verloor.

“Wie gaan die skuld daarvoor kry en wie gaan aanspreeklik gehou word ooreenkomstig die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale. Finansiele Bestuur?

“Baie geld is die afgelope vyf jaar bestee aan salarisse en lone en toerusting in ‘n fabriek wat plastieksakke moes vervaardig. Etlike miljoene rande per jaar is daar vermors en geen plastieksakke is die afgelope paar jaar daar vervaardig nie.”

Volgens Pretorius is die WRDM die aangewese munisipaliteit om die stigting van ‘n metro (of UniCity) te beplan, maar die afgelope vyf jaar het niks daarvan gekom nie – die komitee wat dit moes organiseer het in die laaste twee jaar nie een keer vergader nie.

“Die samevoeging van vyf grootliks mislukte munisipaliteite in een metro met dieselfde leierskap en personeel gaan nie een groot suksesvolle metro maak nie – eerder een groot mislukking. Dit is ‘n resep vir ‘n groot mislukking.”

Verwante artikels:

• Mogale City’s budget – energy solutions and tariff decreases

• 75 years of service above self

• West Rand Metro – the unanswered questions

• To metro or not to metro – that is the question

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button