Local newsNews

96-jarige is self verras oor verjaardag

Oom Ben Harmse sê hy kan nie glo dat hy 96-jaar oud geword het nie.

“Ek kan dit self nie glo nie!”

So het oom Ben Harmse gister, 29 Junie sy kop geskud toe hy deur die News uitgevra is oor hoe dit is om 96-jaar oud te wees.

In ‘n helderkleurige trui en ‘n verjaardagkoek op sy skoot het hy nie geskroom om gou vir ‘n foto geleentheid saam met drie van sy kinders te staan nie.

“Ons eet al van vroegoggend af aan ‘n verkskeidenheid van lekkernye. Vir my is die beste geskenk om al my familie te sien.”

Baie geluk! Dawie Harmse (regs) wens sy oom Ben Harmse hier geluk met sy 96ste verjaardag.
Baie geluk! Dawie Harmse (regs) wens sy oom Ben Harmse hier geluk met sy 96ste verjaardag.

Maar vir oom Ben moet dit seker maar moeilik wees om sy nageslag elkeen by die naam te ken. Hy het nege kinders, 23 kleinkinders, 33 agterkleinkinders en vier agter-agter kleinkinders.

“My sussie Tina is in 1996 in ‘n motorongeluk oorlede,” het sy dogter Lettie Vorster gesê.

En as sy vrou, tannie Baby vandag nog geleef het sou hulle volgende maand hulle 76ste huweliksherdenking kon vier.

“Ek mis haar nog elke dag, sy het in 2001, ‘n maand voor ons 62ste huweliksherdinking haar stryd teen kanker verloor,” het oom Ben gesê.

Hy het ook bietjie tyd ingeruim om oor sy grootword jare te gesels en vertel dat hy in Swartruggens duskant Rustenburg in die Noordwes-provinsie gebore is.

'n Selfportret hang in die sitkamer van oom Ben Harmse se jongdae in die weerwag.
‘n Selfportret hang in die sitkamer van oom Ben Harmse se jongdae in die weerwag.

Hy het sy skoolloopbaan by die Waterval 596 plaasskool in die dorp voltooi en op die plaas Middelfontein gebly voordat hy by die weermag aangesluit het.

Vir agt maande lank het hy in Egipte geveg voordat hy weens gesondheid terug na Rustenburg is.

Hier het hy kom boer en vir tannie Baby ontmoet voordat hulle in 1939 die knoop deurgehaak het.

Oom Ben het ook by die Tabaknavorsingstasie in die dorp gewerk tot sy aftrede waarna hy toe in 1981 na Krugersdorp-Wes verhuis het.

Vandag kan hy ook spog en sê dat hy die oudste lidmaat van die Hervormde Kerk in Krugersdorp-Wes is. Dawie Harmse, sy broerskind lag en het gesê hy is ook die kerk se getrouste bywoner.

Die News-span wens oom Ben baie geluk met dié mylpaal en hoop dat daar nog baie gesonde lewensjare voorlê.

Verwante artikel:

• Brandewyn en tabak vir ‘n lang lewe, spot 100-jarige

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button