CrimeLocal newsNews

Gesinsgeweld laat wenkbroue lig

'n Man is gisteraand in die arm gesteek na wat vermoed word die nagevolg van gesinsgeweld was.

“Wat ‘n yskoue skree was dit hier in die Kloof?”

Só het Angelique Ysselsteyn gisteraand, 1 Julie op die Facebook-groep Krugersdorp Network Community gevra nadat sy, wat vermoed word die gil van ‘n meisie was, gehoor het.

Henry Carsons, voorsitter van Sektor 8 Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) het aan die News gesê hulle was blitsvinnig op die toneel wat blyk om gesinsgeweld te gewees het.

“‘n Vrou het blykbaar ‘n man in die arm met ‘n mes gesteek. Die GPF-patrolleerders is dadelik na die toneel om ondersoek in te stel.”

Hy het gesê Netcare 911-ambulansdienste is ook daarheen ontbied, maar die man het die toneel verlaat nog voor die ambulansdienste gearriveer het.

Sersant Tshepiso Mashale, Krugersdorp Polisiestasie se polisiewoordvoerder kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Verwante artikels:

• Police van crashes through palisades

• Tref-en-trap slagoffer nie weer van plan om te help

• Know your rights when you get pulled over

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button