Local newsLocal sportNewsSport

Almal eintlik wenners in bokstoernooi

Amper 30 verskillende boksklubs van regoor Gauteng het aan die toernooi deelgeneem wat gehou word om boks as 'n sport onder die jeug te bevorder.

Die vuiste het behoorlik geklap tydens die onlangse Gauteng Ontwikkelings-bokstoernooi wat deur Gauteng-Wes by Randgate in Randfontein aangebied is.

Altesaam 26 verskillende boksklubs van regoor Gauteng het aan dié toernooi deelgeneem wat gehou word om boks as ‘n sport onder die jeug in die provinsie te bevorder.

Die Krugersdorp-Wes Amateur Boksklub het tien boksers na die toernooi gestuur in verskillende gewigte en hulle het die klub glad nie telleurgestel nie.

LEES OOK: Dié leeu gaan lê nie in die kryt nie

Tony Laranja, klubvoorsitter het gesê die boksers Chris Greyling, Christo Hamman, Richard da Silva, Henni van Vuuren, Juandré Hamman, Christine Viljoen, Rimano Viljoen, Jason Bothma en Jayden Powdrell het elke oomblik in die kryt geniet.

“Daar was altesaam 46 gevegte en ‘n mens kan sien elke bokser wat daar was het dit as ‘n goeie leersessie gesien.”

Al het Jayden sy geveg teen Justin Soupillis van die Kempton Park Boksklub verloor het hy steeds as wenner uit die stryd getree toe hy die medalje vir beste geveg van die dag ontvang het.

“Vir ons is al die boksers eintlik wenners!” het Tony afgesluit.

Verwante artikels:

Vinnige vuiste onderweg na Grahamstad

Laaste vuishou vir die jaar

Boksgevegte beproef die senuwees

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button