Local newsMunicipalNews

[VIDEO] Klaar gemyn, wat nou?

Inwoners is keelvol vir die newe-effekte van mynbou naby hul huise, maar mynwerke is reeds al gestop.

Inwoners van Mindalore worstel al jare lank met die mynery wat langs die buurt plaasvind.

Mintails se woordvoerder, Kabelo Mphake, verduidelik dat myn operasies al einde verlede jaar daar opgehou het en dat Mintails huidiglik besig is met die rehabilitasie van die mynhoop.

‘n Myn word gerehabiliteer deur om die newe-effekte van mynaktiwiteite aan die natuurlike omgewing te veg.

Basil Fortuin, ‘n Mindalore inwoner, is ook onder die indruk dat Mintails nie meer die veld oorkant sy huis ontgin nie, maar wag nog vir ‘n inspekteur om na die skade aan sy huis te kom kyk.

Basil Fortuin saam met sy 10-jarige seun, Waylin. Waylin en ander buurtkinders het gereeld in hierdie veld gespeel voordat dit ontgin is omtrent drie jaar gelede.
Basil Fortuin saam met sy 10-jarige seun, Waylin. Waylin en ander buurtkinders het gereeld in hierdie veld gespeel voordat dit ontgin is omtrent drie jaar gelede.

“Die huis kraak so oor die jare,” sê Basil.

Hy sê dat die stof, longsiektes en onwettige myners die grootste probleme is.

Basil se vrou, Trudie, is vir twee jaar vir sarkoïdose – a siekte met ‘n onbekende oorsaak wat lei na inflammasie – behandel. Sy glo dit is, soos met haar kinders se bloeiende neuse, te danke aan die stof wat van die myn afwaai.

“Hulle maak nie die mynhope nat nie. Die stof pak dan tot in jou klerekas aan wanneer die wind waai,” meen Basil.

John O’Reilly, wat ook al vir meer as 20 jaar in Mindalore bly, meen hy het verlede Sondagaand hewige mynaktiwiteit gehoor. John vermoed dit is die klanke van ‘n mynbreker – ‘n masjien wat groot rotse makliker laat verwyder deur dit tot kleiner rotse of selfs stof af te breek.

“Die breker het tot laat in die nag ‘n piep-piep klank gemaak. Ek kon nie slaap nie.”

John sê daar was ‘n diverse plant- en voëllewe voordat die mynhope dit platgevee het.

Basil en Trudie is bly dat die mynwerke van plan is om te stop, maar wonder wat die nagevolge vir die buurt gaan inhou.

“Nou moet ons met die gebakte pere sit,” sê Trudie.

Verwante artikels:

Mindalore-mynterrein word beveilig

Mintails operations suspended

Controversial methods still used to tackle mining legacy

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button