EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Wen ‘n DVD van lokettreffer

Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel.

Die gewilde rolprent wat onlangs nog in fliekteaters gedraai het, Ballade vir ’n Enkeling, is nou op DVD beskikbaar en die News bied lesers die geleentheid om ’n kopie te wen.

Die fliek is ’n romantiese speurverhaal en laat nostalgie van die 80-erjare opvlam, en betrek dié keer ook ‘n nuwe geslag. Die fliek het die grootskerm op 20 Maart getref en meer as R8 miljoen by die loket gemaak.

Die geheimsinnigheid, gekoppel aan die liefdesverhaal, sal elkeen wat daarna kyk betower. Die storie en draaiboek is deur Leon van Nierop geskryf en is deur Danie Bester van The Film Factory vervaardig, met die bekroonde kinematograaf Tom Marais agter die kamera.

Bekende Suid-Afrikaanse akteurs soos Donnalee Roberts, Rolanda Marais, Armand Aucamp en Jacques Bessenger, asook nuwelinge Christia Visser, Edwin van der Walt, Luan Jacobs, Miles Petzer en ander het saam met The Film Factory se gesoute filmspan ’n nuwe baadjie vir die ikoniese TV-reeks aangetrek.

Hierdie treffer-reeks, wat in 1987 kykrekords laat spat het, se storie word nou weer vertel – dié slag onder leiding van die knap jong regisseur, Quentin Krog.

Hoe kan jy ‘n kopie wen?

Antwoord die vraag onder saam met jou besonderhede om ‘n kans te staan om ‘n DVD te wen.

Wenners sal telefonies in kennis gestel word.

Verwante artikels:

• [VIDEO]Enkeling-sterre verras hul aanhangers

• Verraad, donker geheime, moord en mislukte verhoudings

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button