Mogale City se infrastruktuur is verouderd
Plaaslike raadslid verduidelik hoekom daar dikwels waterpype in Mogale City bars.
Waterpype wat links en regs bars in Krugersdorp laat inwoners kopkrap.
’n Inwoner van die Mindalore-omgewing het vroegoggend op 23 Junie opgemerk dat daar water in Impalaweg afstroom.
Sy het onmiddellik De Waal Venter, DA-raadslid vir Wyk 9 geskakel om die saak te rapporteer.
Venter het nie op hom laat wag nie en dadelik die hoof van die betrokke departement geskakel en gevra dat die pyp herstel moet word.
Kort daarna het hy self na die toeneel gegaan om die situasie te evalueer en opgemerk daar was steeds geen herstelwerk gedoen nie.
Venter is onsteld dat soveel water vermors word en dat inwoners in die omgewing met die ongerief van lae waterdruk moet sit.
Die lek is intussen reggemaak.
“Mogale City se infrastruktuur is verouderd en die munisipaliteit ly groot verliese aan water wat gemors word deur lekkende en gebarste pype. Hopelik sal hierdie situasie in die jaar verbeter. Die stadsraad het ’n herstel- en onderhoudsplan en daar sal in dié finansiële jaar hieraan voorkeur gegee word. Vir 2015/2016 word daar meer as R86 miljoen bewillig vir onderhoud en herstelwerk van Mogale City se infrastruktuur,” het Venter verduidelik.
Soortgelyke artikels:
•25 Hour water disruptions ahead
•Some areas still without water
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
