Local newsMunicipalNews

Waarheen is dié straatnaam?

As dit nie is dat straatname verkeerd gespel word nie, of by verkeerde strate opgerig word nie, dan is straatname vermis.

Al ooit gehoor van ‘Blankostraat’?

Toemaar, ons hier by die News ook nie, maar tydens ’n reis deur Krugersdorp-Noord op Viljoenstraat het joernalis Jacobus Myburgh gesien die naambord van Vierdestraat is heeltemal naamloos in die rigting van Quelleriepark.

Vierdestraat se naam is wel aan die teenoorgestelde kant geskryf.

Hier staan Vierdestraat duidelik geskryf soos mens van Quelleriepark na Key West Winkelsentrum se rigting op Viljoenstraat sou ry.
Hier staan Vierdestraat duidelik geskryf soos mens van Quelleriepark na Key West Winkelsentrum se rigting op Viljoenstraat sou ry.

Die News het al in die verlede verslag gelewer oor straatnaamborde in Krugersdorp-Noord wat steeds met verkeerde spelling pryk of waar straatnaamborde, soos onlangs in Kenmare opgemerk, by verkeerde strate opgerig is.

Ons sal nou moet wag en sien of ‘Blankostraat’ ook nou so sal bly.

Wat dink jy hiervan? Los jou mening in die kommentaar boksie onderaan.

Verwante artikels:

Straatname verander oordag

Munisipaliteit se woord-blaps

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button