Local newsLocal sportNewsSport

Judosterre ken hul gooie

Twee Krugersdorpse judoleerlinge gaan aan die Afrika-kampioenskappe in Egipte deelneem.

Twee Krugersdorpse judokas en ‘n vriend van hulle van Roodepoort is gekies om aan die Afrika Judokampioenskappe deel te neem.

Die drie 16-jarige boesemvriende Clarissa Prinsloo, Jaco Erasmus en Dawid van Heerden beoefen judo al vir die afgelope 10 jaar by die KJK Danie Judoklub in Roodekrans. Hulle sien baie daarna uit om aan die Afrika Kampioenskappe deel te neem wat van 22 tot 27 Julie in Egipte gehou word.

Clarrisa is ‘n Hoërskool Monument-leerling met ‘n volle swart gordel in judo. Sy het gesê die Sode-tsurikomi-goshi is haar gunsteling judogooi.

” Die gevoel wat ek kry as ek op die mat is en om te wen is verslawend,” het Clarrisa vertel.

Jaco Erasmus, wat ‘n junior swart gordel in judo het, sien uit na die einde van die jaar wanneer hy sy gradering na ‘n volle swart gordel sal voltooi.

Sy gunsteling judogooi is moroto-seio-nage. Hy het vir die News verduidelik dat hy aanvanklik met judo begin het omdat dit vir hom lekker gelyk het.

“Judo is nie net goed vir selfverdediging nie want voor ek my kom kry het dit meer as ‘n sport vir my geword,” vertel dié Hoërskool Bastion-leerling.

Die derde kameraad is Dawid van Heerden, ‘n Hoërskool Florida-leerling wat ook ‘n volle swart gordel in judo het.

Dawid se gunsteling gooi is die Hane-makikomi. “Judo is vir my ongelooflik; dit is baie meer as wat mense sien en nog beter, dis ‘n internasionale sport.”

Die Afrika Judokampioenskappe sou eers in Burundi aangebied word maar is later na Egipte verskuif weens die onrus in die land.

Hierdie drie judokas is die enigstes in die provinsie wat gekwalifiseer het om in die kadetkategorie deel te neem.

“Ek is baie trots op my studente,” spog sensei Danie Bruwer.

Soortgelyke artikels: 

Kennies are judo champs 

Monnas-sportsterre maak naam

Warrior Race — muddy, merciless and tough 

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button