’n Dankbare inwoner het vertel hoe een goeie daad deur ’n vreemdeling haar geïnspireer het om ook ’n goeie daad te doen.
Karin Kahts was onlangs opsoek na ’n ou rekenaarboks toe ’n goedhartige man een gratis vir haar gee.
Toe sy na die man se huis in Burgershoop gaan om die boks op te tel het hy haar van sy beure se ellende vertel.
Omdat die man nie geld vir die rekenaarboks wou hê nie, het sy besluit om die man se bure te help.
Die bure se seun, Viandre Oesterlyn, 21, is verlam gebore en het dringend ’n nuwe rolstoel nodig gehad.
Karin het toe op verskeie sosiale blaaie van Krugersdorp op Facebook gevra of daar iemand is wat ’n ou rolstoel het wat hulle nie meer gebruik nie.
’n Paar mense het op haar versoek reageer, maar dit het deur die mat geval.
Lorraine Lottering, nog ’n inwoner van Burgershoop het op Karin se versoek gereageer. Karin het die stoel by Lorraine se huis gaan haal.
Opgewonde oor die samewerking en goedhartigheid van die gemeenskap het Karin onmiddellik na Viandre se huis gegaan en hom met die rolstoel verras.
“Viandre se ma kon nie die trane terughou toe ek die rolstoel vir hulle vat nie,” vertel Karin in haar noppies.
Sy ouers het die rolstoel ontvang en nie lank daarna nie het Karin ’n foto ontvang van Viandre in sy nuwe rolstoel.
Die man wat die rekenaarboks vir haar gratis gegee het, het ’n boodskap gestuur wat lees, “Hy glimlag nog al die pad. Hy is baie bly. Dankie Karin, ons waardeer.”
Karin het gesê daar is groot nood in die Burgershoop-area en selfs by dié gesin.
“Ek weet hulle het nie kos in die huis nie,” het sy aan die News vertel.
Sy nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak om hul medemens te help.
“Ek samel glad nie donasies in nie. Ek wys net die nood uit sodat die gemeenskap kan betrokke raak. Ek is baie dankbaar vir Lorraine se bydrae.”
Soortgelyke artikels:
•Girls’ dignity restored by donation
•Large donation for needy youngsters
•Computer donation changes lives
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
