ER24 domineer die Wes-Rand – vir ‘n dag
Paramedici, takbestuurders en personeel van sover as Potchefstroom en die Oos-Rand het die dag saam met ER24 Wes-Rand spandeer.
Die Wes-Rand was onlangs in rooi kleure getooi toe ER24 van die Gauteng provinsie hulle Tak Oorheersingsdag hier gehou het.
Paramedici, takbestuurders en personeel van sover as Potchefstroom en die Oos-Rand het die dag saam met ER24 Wes-Rand spandeer waar hulle dié tak met verskeie noodgevalle soos motorongelukke bygestaan en hulp verleen het.
Daar is ook met die gemeenskap in aanraking gekom waar personeel pamflette waarop noodnommers en ander belangrike inligting op geskryf kan word saam met penne uitgedeel het.

Hentie Malan, takbestuurder vir ER24 Wes-Rand het gesê dié dag is gehou om bewusmaking onder die gemeenskap te skep.
LEES OOK: Viswaters is waar dié mediese praktisyn vir stilte tyd gaan
“Ons wil hê die gemeenskap moet bewus wees van ons en dat hulle kan weet hulle kan op ons staatmaak in enige noodsituasies.”
Sekuriteitsmaatskappye soos Apcan en DMS het ook van die geleentheid gebruik gemaak om hulle dienste aan die publiek oop te stel en is saam met ER24 onder andere na Florida, Ruimsig en Roodekrans.
Wayne Shawe, eienaar van DMS wat sowat 3 500 kliënte in die Wes-Rand insluitend die Krugersdorp-area dien het gesê ER24 is hulle voorkeur nooddienste maatskappy.

“Dit is lekker om saam met hulle te werk. ER24 is ‘n diens wat gratis aan al ons kliënte verskaf word in geval van motorongelukke of enige behandeling wat benodig word in tye van nood.”
Nadat die winterson gesak het, het ‘n handjievol ER24 personeel en die News die aand se koue wind trotseer en aan verskeie noodgevalle en ongelukstonele aandag gegee.
Sien ‘n gallery van fotos hier.
Verwante artikels:
• Sektor 4 wil nooddienste help
• Distracted driving is a lethal risk on SA’s roads
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!








