MunicipalNews

Bob van Reenen – die wit olifant

DA-raadslid Jakkie Naudé voel Bob van Reenen het weer 'n wit olifant geword na restourasiewerk.

Die kontrakteur wat Bob van Reenen moes herstel, het die projek in Februarie voltooi en aan die plaaslike raad oorhandig.

Gauteng Provinsie het saam met Mogale City Stadsraad miljoene rande van belastinggeld spandeer om hierdie eens trotse eiendom van die Krugersdorpse publiek te restoureer.

Raadslid Jakkie Naudé van Wyk 20 het beweer al hierdie geld is vermors en Bob van Reenen is nou net nog ’n wit olifant.

“Geen aktiwiteite het daar plaasgevind sedert die oorhandiging aan Mogale City Stadsraad nie – absoluut niks,” het Naudé gesê.

Hy wonder ook wanneer die Sport en Ontspanning-personeel terug gaan trek na die kantore by Bob van Reenen.

“Alles begin alweer verval en word oorgeneem deur leeglopers en haweloses. Waar is die toesig en beheer?”

Naudé wil hê die publiek moet besef dat niks onder die beheer van die huidige raad in stand gehou word nie.

“Dit word net misbruik en vervalle …”

Verwante artikels:

• Gauteng Premier visits Bob van Reenen Stadium

• Waarheen met Bob van Reenen?

• Bob van Reenen’s R10 million revamp

• Remembering the man behind the stadium

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button