Monnas se rugby bulle
Daar is geen tyd vir kinderspeletjies vir hierdie Monnas rugbyspelers.
33 van Hoërskool Monument se rugbyspelers het die afgelope skoolvakansie by verskillende provinsiale weke hulle merk gelos.
Die skool spog met drie seuns wat in die Noorvaal-span gekies is, drie wat in 7’s rugby aan ‘n internationale toernooi deelneem het en een wat gekies is vir die Suid-Afrikaanse Skolespan.

Kyle Blignaut, Dandre Prinsloo en Christen van Niekerk is gekies vir die onder 16 Noorvaal-span wat later vanjaar na Ierland sal toer vir ‘n toernooi terwyl Morne Brandon, Tristan Dullisear en Dean Lategan deel is van die 7’s span wat teen ‘n span van Monaco kragte gemeet het.
In die gees van die Rugby Wêreldbeker later vanjaar het Monnas se onder 15’s A en 15’s B oorlog verklaar op die rugbyveld teen toerspanne van Engeland.
“Ons is ook besonders trots op Reinard Nothnagel wat tot die Suid-Afrikaanse Skolespan verkies is,” sê Eben Vermaas, bemarkingsskakel vir Hoërskool Monument.
Verwante artikles:
• The Best of the West – rugby
•Monnas rugby sorg vir nog ‘n Tuks Skole oorwinning
• Monnas part of superb rugby festival
Vir meer foto’s van Monnas se sportsterre, kliek hier.
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
