Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Lappoppe vir genesing

Hoërskool Noordheuwel se lappoppe gaan na 300 uitgestrekte armpies.

“Hierdie 300 lappoppies gaan die mishandelde kinders se harte baie bly maak.”

So het Lizel van Eeden, Matla A Bana Gauteng Projekbestuurder, die juniorkunslede van Hoërskool Noordheuwel bedank vir hulle handgemaakte donasie aan die organisasie.

Die kuns leerlinge het reeds in April begin om die poppe te maak.
Die kuns leerlinge het reeds in April begin om die poppe te maak.

Matla A Bana is ‘n nie-winsgewende organisasie wat as ‘n stem teen kindermishandeling veg. Matla A Bana, ‘n Noord-Sotho woord wat beteken krag van die kinders, help ongeveer 20 000 mishandelde kinders elke jaar om te herstel en weer stabiliteit te vind.

“‘n Sagte poppie is ‘n groot troos vir ‘n klein lyfie wat seksueel mishandel is,” het Lizel vertel.

“Ons gaan ‘n deel van hierdie skenking aan forensisie maatskaplike werkers ook gee. Hulle kan dit gebruik om met die jonger kinders, gewoontlik tussen die ouderdomme van twee en drie, te kommunikeer oor die mishandeling wat hulle ervaar het.”

Desiré Hanekom is ’n ma wat bid by die skool op ’n Donderdagoggend. Sy het die skool en Matla A Bana aan mekaar voorgestel.

“Ek het geweet Jeanine de Kock, die kunsjuffrou, wou die skeppings aan ‘n liefdadigheisorganisasie skenk,” sê sy.

“Om te sien hoe kinders vir kinders gee, is so ‘n mooi gebaar. As ons net die hartseer van die mishandeling so vinnig kon wegvee.”

Jeanine het vir elke kunsleerder die materiaal, patroon en vulsel gegee. Die kinders het verder te werke gegaan.

“Ons besef dat organisasies soos Matla A Bana nie sonder gemeenskapshulp sal kan bestaan nie, daarom moet ons help,” meen Jeanine.

Verwante artikels:

Hoërskool Noordheuwel se Cheerleaders in aksie

Noordskool gee om vir sy gemeenskap

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.

Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button