Manne- en vrouegeleenthede om nie te mis nie
Hierdie geleenthede is 'n moet vir jou sosiale kalender.
Die Nuwe Lewe Kerk bied ’n vroue-oggend aan saam met die bekende kykNET nuusleser, Jenna-leigh February.
Jenna-leigh is bekend vir haar ‘goedheid en guns’ waarmee sy haar verslaggewing afsluit.
Sy is ’n dinamiese spreker met ’n definitiewe boodskap vir vroue van vandag. Die tema vir die geleentheid is ‘Haar naam is Vrou’.
Toegang is gratis. ’n Offergawe sal opgeneem word en ligte verversings sal bedien word. Die geleentheid op 5 September begin om 10vm en sal tot 12.30nm duur. Belangstellendes moet egter bespreek en kan Rentia Venter by 011 953 5780 skakel. ’n Boodskap kan ook by die telefoonnommer gelaat word.
Die manne word nie afgeskeep nie. Op 11 September word ’n Manne wat Glo-geleentheid in die Eeufees Saal in Krugersdorp se middestad aangebied. Jan de Wet, Leon Ferreira, Willie Joubert en Dewald Gouws sal te sien wees. Dit sal die eerste keer wees wat Manne wat Glo in die Wes-Rand-omgewing aangebied word en moet nie misgeloop word nie.
Nuwe Lewe ondersteun ook die Dynamix-bediening wat dwelmverslaafdes bystaan, wat die intervensie en nasorg van verslaafdes en hul families insluit.
20 persent van die kaartjieverkope gaan aan Dynamix geskenk word. Pastoor Callie Venter rig ’n vriendelike versoek op die Krugersdorp-gemeenskap om die geleentheid te ondersteun. Kaartjies is R100 vir volwassenes en R50 vir laerskool kinders.
Die geleentheid begin om 7.30nm. Verversings sal te koop aangebied word.
Rentia kan ook vir dié geleentheid se kaartjies gekontak word.
Kaartjies word ook voor en na die oggenddienste om 9vm op ’n Sondag by die inligtingstoonbank by Nuwe Lewe verkoop.
Die kerk is op die hoek van 5de en Kingdonstraat in Krugersdorp-Noord.
Verwante artikels:
• Surviving drugs with Dynamix
• Dynamix wants to curb substance abuse
