Local newsNewsUpdate

[FOTO’s] Sy help graag

Febe het haar doel bereik om teen einde Julie vir minderbevoorregte bejaardes elkeen 'n geskenkpakkie te gee.

Na sy reeds ‘n rukkie terug 3 000 bakkies jogurt by Pionier Tehuis uitgedeel het, het sy terug gegaan om nog 65 behoeftepakkies uit te deel.

Op Vrydag, 31 Julie, het Febe von Wielligh en haar twee seuns na Pionier Tehuis en Jack Cotton woonstelle gegaan om die minderbevoorregte bejaardes se daggies beter te maak.

“Ons het vanaf einde Junie begin om die pakkies vol te maak met die hulp van verskillende borge,” vertel Febe.

Die News het berig oor Febe se doel om bejaardes te bederf toe sy nog begin produkte insamel het vir die pakkies.

Lees die aanvanklike artikel hier: [VIDEO] Lê jou hart ook by ons bejaardes?

“In elke pakkie het ons ‘n waslap, seep, tandepasta, borsel, handskoene, skyfies, ‘n Manna Tydskrif en lyfroom gesit.”

Febe, wat huidiglik studeer vir pastorale berading, het ‘n passie vir die bejaardes van Krugersdorp en sy wil graag gereeld ‘n verskil in hulle lewens maak.

Soos wat Febe aan elke deur klop, stap ‘n verstomde bejaarde met ‘n glimlag uit hulle woning uit.

“Ag baie dankie skat,” sê Blondie Burger met waardeuring wat uit haar oë straal.

“Elke bietjie help.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button