NewsSchool sportSchoolsSport

Tammy soos ‘n vis in water

Hierdie 11-jarige swemmer swem haar pad na die top.

Met ‘n passie vir swem en baie ure se oefen sien hierdie jong swemmer uit na ‘n blink toekoms.

Tammy Frylinck het in Graad 2 vir haar skool Monument Primary begin swem en vanaf die begin elke keer die A-span gehaal.

In hierdie span het die swemsterre vir die laaste twee jaar die Wes-Rand Gala gewen en die trofee huistoe gebring.

Haar afrigter, Andy Young by die Florida Swemklub het voorgestel dat Tammy by die Sentrale Gauteng Aquatics aansluit om haar talent te help ontwikkel.

Serdert haar aansluiting drie jaar gelede, spog die swemmer met meer as 20 medaljes en toekennings.

Sy het ook in Februarie vanjaar aan die Midmar Myl deelgeneem waar sy die wedloop in ‘n tyd van 26,36 minutes voltooi het.

In Mei het sy die trofee vir die Algehele beste swemmer, Mees verbeterde swemmer en die Klub kampioenskap wenner trofee ontvang.

Tammy het ook gedurende die Julie skoolvakansie aan die Prestige Swem Toernooi in Durban deelgeneem waar sy goed presteer het.

Sy het ook vroeër in Augustus met vier linte en drie brons medaljes weggestap by die Gauteng Junior Kampioenskappe wat in Boksburg gehou was.

“Haar pa is haar grootse aanhanger en is so trots op sy swemmer. Hy ry haar graag op en af na oefeninge en kompetisies toe,” het haar ma, Shirlene Frylinck aan die News gesê.

Verwante artikels:

• Pa en seun swem Midmar Myl

• Twee van Bekker swem die Midmar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button