Maragon verskyn op TV
Maragon leerlinge verskyn op KykNET se Skole Top 10.
Die leerlinge van Maragon Privaat Skool Avianto was behoorlik op hulle stukke toe hulle uitgenooi is om op televisie te verskyn.
Die span van Green Productions het in Julie ‘n spesiale besoek aan die skool afgelê vir die skiet van ‘n episode van die populêre musiekprogram waarin Maragon verskyn.

Die skool het ook die leier van die DA genooi, Mmusi Maimane, ook ‘n voormalige onderwyser van Maragon, om by die aangeleentheid aan te sluit.
Alhoewel hy dit ongelukkig nie kon bywoon nie het hy wel ‘n spesiale boodskap aan die skool vir die program gestuur.
Maimane het in 2002 by Maragon Ruimsig Zulu aangebied toe die skool nog jonk was.
Die boodskap lees dat Maimane net goeie herhinneringe van Maragon het en hulle geluk gewens het dat hulle gekies was om op KykNET se Skole Top 10 verskyn.

“Ons het ook ‘n ou Chevi hier gehad wat Arni, ons gelukbringer, op was. Met die is Bok van Blerk se nuwe liedjie, Chevi 68, aangekondig,” het Belinda Espag, Bemarkingsskakel vir Maragon, gesê.
Die episode was op 10 Augustus uitgesaai wat met vriendelike en opgewonde bakkies van Maragon leerlinge gespog het.
“Dit was groot pret. Ons is baie opgewonde om die program te sien. Gert en Theo van Green Productions was uiters geduldig en baie professioneel.”
Soortgelyke artikels:
• KYKNET Fiestas Toekennings 2014
• Toks ‘n Tjops-span kuier by Monument
•Sterre hang uit in Krugersdorp-kroeg
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
