NewsSchools

Die leiers van môre

Soos Hoërskool Noordheuwel hulle nuwe leiers aankondig, kyk die News na bekendes se mening oor leierskap.

“Ek glo op ’n tyd het leierskap oor spiere gegaan, maar vandag gaan dit oor hoe goed jy met jou medemens klaarkom” – Mahatma Gandhi.

Hoërskool Noordheuwel het verlede week hul nuwe leerlingraad aangekondig.

Beide hoofleiers het saamgestem hulle is deel van ’n baie sterk matriekgroep en het gesê hulle sien daarna uit om saam met die res van die leerlinge te werk.

“Ek is baie trots om as hoofseun verkies te word saam met ’n wonderlike hoofdogter soos Marné,” het Ruben Coetzee gesê.

Soos Ghandi gesê het, ’n goeie leier moet oor verskeie eienskappe beskik.

Hoërskool Noordheuwel kondig sy hoofleiers vir 2016 aan.
Hoërskool Noordheuwel kondig sy hoofleiers vir 2016 aan.

’n Paar bekende aanhalings oor wat leierskap beteken:

• “As jou dade ander inspireer om te droom, leer en doen, dan is jy ’n leier” – John Quincy Adams.

• “’n Leier is iemand wat die pad ken, loop en wys” – John C Maxwell.

• “Ek is nie bang vir weermagleeus wat deur ’n skaap gelei word nie. Ek is wel bang vir weermagskape wat deur ’n leeu gelei word” – Alexander die Grote.

• “Die beste leier is iemand wat nie bekend is nie. Wanneer hy sy werk doen en sy doelwit bereik, sal mense sê hulle het dit self gedoen” – Lao Tzu.

Verwante artikels:

• Cheerleaders die top toerkie van die dag

• Inspirerende ster verras Nories se hoofleiers

• Nories spog met PUK-sportuitslae

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button