Local newsNews

[VIDEO] Dis blêr-rie oulik!

'n Skaap het aan 'n vierling geboorte geskenk, en dis blykbaar so skaars soos hoendertande.

Dis ‘n wonderwerk.

‘n Swartkop Dorperskaap het op 16 Augustus geboorte geskenk aan vier – ja vier – lammers.

Plaasbestuurders Henry Reid-Roberston en Jacques van Straaten meen ablei hierdie geboorte is so skaars soos hoendertande.

“Ek het nog nooit gehoor van so iets nie. ‘n Skaap gee gewoontlik geboorte aan een of twee lammetjies, en soms drie. Maar vier? Dis skaars,” vertel Henry, wat dit steeds nie kan glo nie.

Met die wind wat by die Magaliesberg afwaai, stap die troste ooi met haar drielong op die skaap- en volstruisplaas in Hekpoort rond.

Henry Reid-Robertson en Jacques saam met die ooi en haar werpsel.
Henry Reid-Robertson en Jacques saam met die ooi en haar werpsel.

Ongelukkig het een rammetjie na twee weke dit nie gemaak nie.

“Al vier van hulle was baie swak, want gewoonlik sorg die moeder vir minder lammers. Sy is uitgeput en self swak,” het Jacques oor die moontlikheid van die vierde lam se dood gesê.

Maar hulle glo hierdie verskynsel mag dalk weer sy kop uitsteek op hulle plaas.

“Ons het ‘n nuwe ram by die kudde bygevoeg, en die ooi het al voorheen selfs ‘n tweeling ook gehad.”

Die drieling gaan nie verkoop word soos die ander skape op hierdie plaas nie. Hulle gaan op die plaas gehou word sodat die potensiaal van toekomstige drie- of vierlinge groter is.

“Ons is baie trots op die ooi en die kleingoed. Behalwe vir die melk wat hulle drink, voer ons hulle mielies en melasse sodat hulle sterk en gesond kan bly.”

In April in Minnesota, Amerika, het ‘n skaap aan ‘n agtling geboorte geskenk. Volgens United Press International, is dit moontlik die grootste werpsel skape in Noord-Amerika.

Maar op ‘n plaas van omtrent 50 skape, glo Henry en Jacques hulle gaan nog rekords breek met die wonderwerk-ooie en nuwe ram.

Om nog oulike foto’s te sien, kliek hier.

Verwante artikel:

• Man spog met hemelhoë sonneblomme

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button