NewsSchool sportSchoolsSport

Nories het gehalte sportsterre

Nories spog met talle prestasies op sportgebied.

Laerskool Krugersdorp-Noord se leerlinge presteer nie net op akademiese gebied nie, maar ook op sportgebied.

Noordskool se netbalspanne het hul jaar op ‘n hoë noot afgesluit.

Vir baie van hierdie spelers was dit hulle laaste netbalseisoen van hul laerskoolloopbaan en kan egter trots wees op vier jaar se goeie prestasies.

Noordskool se senior netbalspan was vir die algelope vier jaar die Gauteng-Wes wenners en hulle het die 2015 seisoen met ‘n negende plek uit 15 skole by die onlangse Gauteng Kampoienskappe afgesluit.

Op die dag het hulle slegs twee wedstryde verloor en in die proses het hulle afgereken met top skole soos Bryanston Parallel Medium, Laerskool Roodekrans, Midvaal en Midstream College.

Die eerste netbalspan was deur Monica Pieters, Chereze Venter , Cayla-Lee Jacobsz, Megan Botha , Eldrè Jonker, Maryke Nel, La Shanè Swanepoel en Lara Ferreira opgemaak.

Die onder 11 B span spog ook met die D2 Netbal wennertitel na ‘n seisoen van harde werk.

De’Neil Storm, Kaylean van Rooyen, Kylie burger, Danè Visser, Danica Lightfoot, Anel Reynolds, Charlè Hamman, Melinique Ellis en Lizel Stapelberg se harde werk het bygedra tot die span se sukses.

Verder is 28 van Nories se krieketseuns opgeneem in verskeie Krugersdorpse spanne wat in die Gauteng-Wes proewe gaan deelneem.

Die seuns sal ook in die komende skoolvakansie aan die Gauteng Krieket Week deelneem waar hulle sal veg vir ‘n posisie in die Gauteng Krieketspan.

Op die rugbyveld is die bulletjies ook in aanmerking geneem. Met sewe gebreukte arms hierdie afgelope rugbyseisoen, was die onder 11 B rugbyspan geprys vir hulle toewyding gedurende die seisoen en liga.

Op perdry gebied het Armandt le Roux die Gauteng-Wes ruiterspan gehaal by die interskole perdry uitdunne.

“Ons is trops op Armandt vir sy besondere prestasie en wens hom sterkte toe waar hy gaan deelneem as deel van die Gauteng-span. Baie dankie aan ons ander ruiters wat deelgeneem het gedurende die seisoen,” het Quinton Botha, afrigter vir Nories, gesê.

Verwante artikels:

• Pa en seun swem Midmar Myl

• Noordskool-welpies skop stof in Trinity se oë

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button