Local newsNewsSchools

Noordskool spog met top presteerders

Noordskool se kultuur en akademie kook.

Goeie prestasies en talentvolle leerlinge is Laerskool Krugersdorp-Noord se wenresep.

Noordskool spog met ‘n nuwe groep, Nories se Beat, wat bestaan uit leerlinge vanaf Graad 4 tot 7 met verskillende musiekinstrument vaardighede.

Hierdie groep het in Julie met hulle eerste Eisteddfod ‘n goud verwerf by Hoërskool Monument se Instrumentale Eisteddfod.

Die Beat bestaan uit Karlin Kock, Nikita van den Berg, Christi Brand, Sunè Rennie, Eben Steyn, Nicole de Beer, Jonathan Farinha, Branden Clements, Marny de Beer en Wessel Nienaber.

“Hou hierdie groepie dop, hulle gaan nog groot hoogtes bereik,” het die groep se afrigters Buddy Marais en Anita Miller gesê.

Die leerlinge weet ook hoe om te redeneer, en dit nogal in Engels ook en die skool spog met ‘n talle wenners.

Reano Louw, Mianè le Roux, Christi Brand, Sunè Enslin en Carla Erasmus was as die senior wenners van die onlangse redenaars kompetisie aangekondig.

Die junior Interne Engelse redenaar wenners was JJ Basson, Chanique Hamman en Erika Enslin vir die Graad 1 tot 3 kategorie.

Vier slimkoppe genaamd Dianca le Roux (Graad 7), Luca Badenhorst (Graad 6), Miarè le Roux (Graad 5) en Eduan Liebenberg (Graad 4) was aangewys as die top akademiese presteerders vir die vorige kwartaal.

Dit wil voorkom of niks hierdie leerlige se ritme sal onderbreek wanneer dit by presteer kom nie.

Verwante artikels:

• Welslae behaal in redenaars

• Nories se redenaarskampioene

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button