Local newsNewsSchools

[VIDEO] Talentweek-wenner wys jou hoe om te ‘moonwalk’

Jesse Potgieter, Hoërskool Noordheuwel se telentweek algehele wenner wys Krugersdorp hoe 'maklik' dit is om te 'moonwalk'.

Dans is beslis in sy bloed. Dis dan hoe hy stories vertel …

Jesse Potgieter, ’n Graad 12-leerling aan Hoërskool Noordheuwel is as algehele wenner en top kategorie- en Idols-danser aangewys by die skool se jaarlikse talentweek.

Jesse Potgieter is Hoërskool Noordheuwel se algehele talentweekwenner.
Jesse Potgieter is Hoërskool Noordheuwel se algehele talentweekwenner.

Jesse het op hip-hop-musiek in vrye styl gedans om die gevare van boelie uit te beeld.

“Ek is heeltemal teen boelie,” meen Jesse.

Onder die 20 dansers, sangers, orkeste en dramatonele het Jesse op 7 Augustus met die groot prys weggestap.

In hierdie video wys Jesse hoe ‘maklik’ dit is om te moonwalk:

Jesse is deel van ’n dansskool wat gekwalifiseer het om Suid-Afrika in Italïe in Oktober te verteenwoordig. Jesse dans op hip-hop-musiek, Electric Boogie en vermaak graag ’n gehoor.

“Ek kan nie voor baie mense praat nie, maar om te dans is ’n ander saak. Die musiek lei jou.”

Dans is nie net Jesse se passie nie, maar ’n taal waarin hy homself uitleef.

“Want woorde kan dit nie beter vertel nie.”

Verwante artikels:

Dancing with cancer survivors

The world is his stage

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button