Vlugtende verdagte vasgetrek
Petroljoggie wys verdagte uit en EPR-reaksieoffisier jaag agterna.

‘n Oplettende petroljoggie het ‘n EPR-reaksieoffisier op die spoor van ‘n verdagte geplaas wat meegebring het dat die vermeende dief gearresteer is.
Carl Hawla, die reaksieoffisier was laatoggend op 27 Augustus besig om in die Silverfields-area te patrolleer toe ‘n petroljoggie by die Caltex-diensstasie in Terenurelaan sy hulp ingeroep het.
Die verdagte het te voet probeer ontsnap nadat hy na bewering sowat R10 000 by die motorhawe gesteel het. Hawla het die verdagte agternagesit en het daarin geslaag om hom te arresteer. Hy is later aan die Krugersdorp Polisie oorhandig.
“Volgens die polisielede op die toneel word die verdagte gesoek vir verskeie misdrywe in die Krugerdorp-area,” het Johan Krogh, EPR Wes-Rand bestuurshoof gesê.
“Met 12 aktiewe reaksievoertuie in Krugersdorp kan ons ‘n goeie diens aan die gemeenskap lewer,” het Krogh afgesluit.
Soortgelyke artikels:
•Ongemerkte spoedhobbel eis lewe
•[VIDEO] New van stolen in 79 seconds
•[VIDEO]: Krugersdorp man escapes robbery
Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 435 3799.
Maak seker dat U kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald, Roodepoort Record en Get It Joburg West Magazine
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
