Klub se pragtige wenfoto’s
Die foto van woestyninwoners wat op 'n sandduin stap, het Krugersdorp Kameraklub se beoordelaars se guns gewen.
Krugersdorp Kameraklub se onlangse klubaand was baie suksesvol.
Daar is 109 inskrywings vir die maand se kompetisie met die voorgeskrewe onderwerp ‘sneeu en ys’.
“Maar inskrywings van ander onderwerpe is ook aanvaar soos altyd,” het Braam de Klerk, ’n lid van die klub vertel.
“Die kompetisie was wel baie straf.”

Die Senior-afdeling wenner was Cobus Eksteen met sy asemrowende foto Desert Dwellers. Hierdie foto is vroeg verlede jaar in die Sahara-woestyn geneem.
“Ek het dit laat die middag van ’n kameel af geneem,” het Cobus vertel.
Gelukkig het hy altyd sy kamera byderhand en kon hy die prag van die oomblik in hierdie foto vasvang.
Glenys Dempers het die Junior-afdeling gewen met haar kreatiewe en tegnies moeilike foto Served with Ice.
Die volgende klubaand is Donderdag 17 September om 7nm in die Golden Age Village Hall in Luipaardsvlei.
Alle belangstellendes is welkom. Die voorgeskrewe onderwerp is doors and windows.

Verwante artikel:
• Beauty through a camera lens
